Matriekuitslae
2024
100% Slaagsyfer
Vir Merensky was 2024 'n jaar van uitsonderlike prestasies op alle gebiede.
Merensky is tydens die Nampo Alfa Landbouskou aangewys as die beste landbouskool in Suid-Afrika.
Ook op sportgebied is puik prestasies gelewer. Merensky is, vir die tweede jaar in ‘n ry, aangewys as die beste swemskool in die provinsie, en met atletiek presteer Merensky uitsonderlik en eindig tweede in die PUK-reeks, met slegs 13.5 punte agter Hoërskool Eldoraigne. Die o15-rugbyspan is as Noordvaal-kampioene gekroon.
Op die kultuurfront het Eddie Mosterd, ‘n graad 9-leerder, die eerste deelnemer in die geskiedenis van die ATKV-Redenaarskompetisie geword wat 4 toekennings in een finaal verwerf het.
TOPPRESTEERDERS
8 onderskeidings: Sehar Malik.
7 onderskeidings: Keira Booth, Manganyi Mashudu.
6 onderskeidings: Lané Kruger, Zenni Mac Connel, Ntokoto Mnisi, Anke Rood.
5 onderskeidings: Yumna Ahmed, Charlize Burger, Zelri Gubitz, Tumelo Malebati, Thabiso Rangwato, Amu Tiva.
4 onderskeidings: Larike Joubert, Humna Kanwal, Latricia Muchabi, Vonani Nkuna, Meliné Roux, Thato Sedutla, Mahlogonolo Seroba, Christelle van Jaarsveld.
3 onderskeidings: Miha Arieli, Eugené du Plessis, Joubert Fleischmann, Zanja Fox, Michelle Maartens, Joy Malumane, Vukona Mashele, Mia Mostert, Vuyelwa Mthombeni, Logan Patterson, Klara Pretorius, Junior Ramapuputla, Ilse Saunders, Adelia Schonken, Kgadi Seoka, Zelda Shai, Atiya Wajah.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 100%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 221
Aantal onderskeidings: 304
Bachelor slaag: 191 (86.24%)
Diploma slaag: 27 (12.21%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 3 (1.35%)
98.65% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2023
99.5% Slaagsyfer
Merensky is deur SAOU aangewys as die beste publieke skool vir kultuur.
Ook op sportgebied is puik prestasies gelewer. Merensky is aangwys as die beste swemskool in die provinsie en met atletiek presteer Merensky uitsonderlik en skuif op na 'n nuwe afdeling van 16 skole in die PUK-reeks.
Tydens die Alpha Nasionale Landbouskou wen Merensky drie van die vyf afdelings.
TOPPRESTEERDERS
8 onderskeidings: Jacques Snyman.
7 onderskeidings: Vihan Allan, Drikus du Toit, Vashu Patel, Tessa Sam, Taylor Stanley.
6 onderskeidings: Shudu Maboyi, Markus Theron, Amber-Leigh Mills.
5 onderskeidings: Nic de Beer, Anke Fourie, Zahraa Khan, Tahila van Rensburg.
4 onderskeidings: Riandi Greyling, Maan Mistry, Willem Smit.
3 onderskeidings: Natacha Badenhorst, Anika du Toit, Stefan Erasmus, Klara Gerber, Honour Monyela, Simone Nel, Tylor Nel, Sujana Olivier, Siraaj Omar, Cayleigh Preece, Nsovo Shikwambana, Ntsakisi Shipalana, Safiyah Tarmahomed, Neil van Vuuren, Dewaldt Vosloo.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 99.5%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 197
Aantal onderskeidings: 209
Bachelor slaag: 175 (89.28%)
Diploma slaag: 17 (8.67%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 4 (2.04%)
97.5% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2022
99% Slaagsyfer
Dit was 'n tuimeltrein van gebeure in die jaar 2022. Daar is nie meer inperkings of aandklokreëls nie, gesondheidsbeperkings is opgehef, kulturele en sportaktiwiteite is hervat, en skoliere gaan weer voldag skool toe. Almal wou in dié een jaar als indruk wat hulle tydens die twee vorige jare verloor het. Dit was ‘n jaar van uitsonderlike prestasies op alle gebiede. Sport het die beste in jare gevaar met puik prestasies wat gelewer is.
Ons matriekklas van 2022 het ook hul deel gedoen en 'n slaagsyfer van 99% (222 onderskeidings) behaal met die hulp van ons onderwysers en die ondersteuning van hul ouers. Klas van 2022, geluk met julle uitslae!
TOPPRESTEERDERS
7 onderskeidings: Ilanie de Bruyn, Luané Maré, Kim Mohale, Nyasha Patel.
6 onderskeidings: Ndzalama Khosa, Chantell Meyer.
5 onderskeidings: Janke Joubert, Vutomi Ngomana, Johan van den Heever, Gontse Rabothata.
4 onderskeidings: Sanel Botha, Carl Dohse, Joné du Toit, Morongwa Mahasha, Thato Matlou, Lethabo Pheeha, Michelle Robertson, Kean van Tonder.
3 onderskeidings: Nusrath Bhuiyan, Desiré de Jager, Muhammed Gani, Chané Haasbroek, Jason Kahissay, Megan Kirstein, Boitumelo Mlondobozi, Hlulani Ngobeni, Devkumar Patel, Juané Pretorius, Tyla-Reese Pretorius, Suzaan Schutte, Daniel Spies, Rochelle Volschenk.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 99%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 195
Aantal onderskeidings: 222
Bachelor slaag: 163
Diploma slaag: 28
Hoër Sertifikaat kandidate: 2
98% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2021
99% Slaagsyfer
Die 2021 graad 12-leerders van Hoërskool Merensky was genoodsaak om soveel van hul graad 11- en matriekjaar prys te gee. Ervarings en geleenthede gedurende hierdie twee jaar is gekanselleer, uitgestel of aanlyn geskuif, en leerders en onderwysers moes aanpas by 'n hele nuwe wêreld van skoolopleiding. Hulle het bietjie vir bietjie die ongemak oorkom om aanlyn te werk, maskers te dra en nie te weet wat môre sou gebeur nie. Uiteindelik het die silwer randjie begin verskyn en die graad 12's en hul onderwysers het die beste van hul 'nuwe normaal' gemaak.
Ons matrieks het weereens, met die samewerking van ons personeel en ondersteuning van hul ouers, ‘n 99% slaagsyfer opgelewer. Geluk matrieks van 2021 met julle uitslae. Julle het onder moeilike omstandighede julle uitslae behaal.
TOPPRESTEERDERS
7 onderskeidings: Emma Dalrymple-Hay, Charlize Krause, Mia Nkuna.
6 onderskeidings: Janke Basson, Michaela Elbrecht, Katelyn Kurten,
Mariesa Schutte.
4 onderskeidings: Karen Basson, Abigail Caldeira, Suné Hermann, Kamogelo Mapelane, Angel Mkhawana, Palesa Shiluvane.
3 onderskeidings: Aamena Dagra, John-Robert Honiball, Kishan Patel, Felicia Pilusa, Andrea van Jaarsveld.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 99%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 197
Bachelor slaag: 147
Diploma slaag: 39
Hoër Sertifikaat kandidate: 9
94% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2020
100% Slaagsyfer
Hoërskool Merensky is trots op ons personeel en graad 12-leerders van 2020.
Ons matrieks het weereens, met die samewerking van ons personeel en ondersteuning van hul ouers, ‘n 100%-slaagsyfer opgelewer. Onderskeidings en ‘n hoë universiteitsvrystellingsyfer wys wat gedoen kan word as almal net glo en saamwerk. Geluk matrieks van 2020! Julle het onder moeilike omstandighede julle staal as ware Plasies gewys deur nuwe hoogtes te bereik en ‘n hoë mikpunt vir die matrieks van 2021 te stel.
TOPPRESTEERDERS
8 onderskeidings: Michaela Stanley.
7 onderskeidings: Bonga Mathebula, Nicki Glazer, Dominique Blandin de Chalain.
6 onderskeidings: Iszabella le Roux, Bianca Prinsloo.
5 onderskeidings: Suandrie Corbett, Trinity Masiakwala, Khushi Mistry.
4 onderskeidings: Ansje Boshoff, Crystal Kirstein, Jamie Robertson, Jessica Botha, Mariska van Nikkelen Kuyper, Sybil van Staden, Wandri Janse van Rensburg, Zoë Robertson, Zonika van Niekerk.
3 onderskeidings: Dirk Crofford, Mohammed Delawala, Juané Liversage, Kian Loughor-clarke, Amelda Pretorius, Rachel Smith, Lerese du Preez, Jason Janse van Rensburg, Christiaan le Roux.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 100%
Aantal onderskeidings: 240
Bachelor slaag: 161 (83%)
Diploma slaag: 32 (16%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 2 (3%)
99% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2019
97.7% Slaagsyfer
Merensky is no. 1 in Tzaneen-kring en no. 7 in Limpopo!
Juan-Jacques Moller is die beste RTT (CAT)-kandidaat in Limpopo!
Ons is trots op ons leerders wat hulle deel gedoen het en die vrugte van hulle harde werk gepluk het.
TOPPRESTEERDERS
7 onderskeidings: Juan-Jacques Moller & Jenelle de Jonge.
6 onderskeidings: Janco Blignaut & Ruette Schoeman.
5 onderskeidings: Anize Basson, Stefan Corbett, Aasiya Patel, Liza-Ri Snyman &
Jan-Carel van Niekerk.
4 onderskeidings: Modidimole Boke, Lisa Maguire, Bianca Moller, Zenesia Nukeri & Kesia Pohl.
3 onderskeidings: Kayla Armstrong, Shihluke Banyini, Steph-Mari de Lange, Eduan Naudé, Mubin Patel, Shibu Ramango, Lourika Schutte, Juan-Jacques Smalle & Lin-Mari Theron.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 97.7%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 189
Bachelor slaag: 135 (81%)
Diploma slaag: 25 (15%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 7 (4%)
96% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2018
97.3% Slaagsyfer
Merensky no. 1 in Mopani en no. 6 in Limpopo!
Hoërskool Merensky is die topskool in die Mopani-distrik en het 'n algehele 6de plek in Limpopo behaal. Ons is die enigste skool in Mopani wat die Top 10 gehaal het.
Van die eks model C-skole het slegs PHS (2de), Merensky (6de) en Frikkie Meyer (7de) 'n plek in die Top 10-skole ingeneem.
TOPPRESTEERDERS
8 onderskeidings: Carmi Venter & Anya Glazer.
5 onderskeidings: Chanel Dohse & Jason Mellett.
4 onderskeidings: Jade Barnatt, Glory Mabidilala, Athena Marais, Anri McLean & Jordin Young.
3 onderskeidings: Cameron Buys, Bianca Elbrecht, Dean Fernandez, Liné Fourie, Heinke Lubbe, Piet Maake, Francois Nothnagel, Thato Pheeha, Letilda Pohl, Pieter van der Merwe, Sancha van Niekerk & Monique Zhanda.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 97.3%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 186
Totale onderskeidings: 249
Bachelor slaag: 142 (76%)
Diploma slaag: 37 (19.8%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 2 (2.4%)
96.2% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2017
100% Slaagsyfer
Die graad 12-leerders en -onderwysers van Hoërskool Merensky het weereens hul akademiese uitnemendheid bewys deur tydens die 2017 matriekeindeksamen ‘n 100% slaagsyfer te behaal vir die 4de agtereenvolgende jaar.
Verder het die top 10-leerders hul akademiese krag ten toon gestel deur saam ‘n allemintige 64 onderskeidings in te palm.
Valeriia Avdysh het ‘n gemiddeld van 92,1% en 8 onderskeidings in Engels huistaal, Afrikaans addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe losgeslaan. Sy is ook uitgenooi na die provinsiale perskonferensie en prysuitdeling waar sy gekroon is as die nommer 23 beste presteerder in Limpopo. Lera, soos haar vriende haar noem, se droom is om medies te gaan studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en uiteindelik ‘n neurochirurg te word.
TOPPRESTEERDERS
8 onderskeidings: Valeriia Avdysh.
7 onderskeidings: Amelia Middleton, Belinda Nzadi, Marlu McLean,
Jenna Devenish en Haley Stephenson.
6 onderskeidings: Elzette van Dyk, Chelsea Schlebusch, Chris Bill,
Eljana Fleischmann en Dineo Shokane.
5 onderskeidings: Zenelde Schoeman, Lize Crafford, Britney Chu en
Danellé van Heerden.
4 onderskeidings: Clariska Venter, Karabo Sedutla en Melany Hlongwane.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 100%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 164
Totale onderskeidings: 287
Bachelor slaag: 106 (64.63%)
Diploma slaag: 54 (32.92%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 4 (2.43%)
97.6% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2016
100% Slaagsyfer
Merensky bewys weereens hul akademiese uitnemendheid met 'n 100% slaagsyfer. Ons wens elke graad 12-leerder geluk, want dit is 'n getuienis van toewyding en deursettingsvermoë. Baie geluk en dankie aan elke ouer vir die ondersteuning vir jou kind.
Michelle Stevens is uitgenooi na die Limpopo prysuitdeling wat op 5 Januarie in Polokwane plaasgevind het. Michelle is aangewys as die 2de beste matriekleerling in die Mopani-distrik, en die 20ste beste in Limpopo!
TOPPRESTEERDERS
8 onderskeidings: Michelle Stevens.
7 onderskeidings: Micaela Ball en Bianca Spies.
6 onderskeidings: Michaela Viljoen.
5 onderskeidings: Pat Madalane, Rhulani Ndlala en Klarissa Nel.
4 onderskeidings: Xané du Toit, Alex Jardim, Blake Linder, Lesiba Mafikeng,
Angie Nel en Adriaan Venter.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 100%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 173
Totale onderskeidings: 259
Bachelor slaag: 111 (65.29%)
Diploma slaag: 53 (31.17%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 6 (3.52%)
96.5% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!
2015
100% Slaagsyfer
Ten spyte van al die negatiewe kommentaar in die media oor die swak matriekuitslae, kan Hoërskool Merensky met trots sê dat die klas van 2015 die skool se naam hoog gehou het. Hierdie uitslae bevestig Merensky se akademiese uitnemendheid.
Twee Plasies, Andrea Devenish en Kristie Badenhorst is uitgenooi na die Limpopo prysuitdeling wat op 6 Januarie in Polokwane plaasgevind het. Andrea is negende in die Top 30 presteerders en is aangewys as die beste Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) leerder in die provinsie. Dit is die derde jaar in ‘n ry dat Merensky met hierdie toekenning wegstap. Kristie spog met die toekenning vir die beste Besigheidstudies leerder in Limpopo.
Andrea Devenish, Thokozile Khoza en Kristie Badenhorst het ook die beste uitslae behaal in die Tzaneen-kring.
TOPPRESTEERDERS
9 onderskeidings: Andrea Devenish.
8 onderskeidings: Thokozile Khoza.
7 onderskeidings: Kristie Badenhorst, Ditebogo Khutamo en Naledi Mailula.
6 onderskeidings: Cassius Machimana, Charmaine Sekgota en Melany Young.
5 onderskeidings: Kayla Crous en Monique de Lange.
4 onderskeidings: Reshoketswe Bopape, Mynhard Bouwer, Christelize Elbrecht, Carlize Katzke, Soné Norie, Bennie Osmers, Eccentia Shilubana en
Nané van Wyngaardt.
ONTLEDING VAN RESULTATE
Slaagsyfer: 100%
Aantal kandidate wat ingeskryf is: 163
Totale onderskeidings: 267
Bachelor slaag: 112 (70%)
Diploma slaag: 45 (28%)
Hoër Sertifikaat kandidate: 3 (1.87%)
96.3% matrikulante het gekwalifiseer om aan hoëronderwysinstellings te studeer!