Akademiese Vakke
GRAAD 8 & 9 VAKKE
In hierdie grade kan 'n keuse slegs in die taalleerareas uitgeoefen word.
1. Taal: AFRIKAANS
Met Afrikaans is daar 'n keuse tussen Huistaal en Eerste Addisionele Taal.
2. Taal: ENGELS
By Engels is daar 'n keuse tussen Huistaal en Eerste Addisionele Taal.
3. Wiskunde
4. Sosiale Wetenskappe
5. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
6. Natuurwetenskappe
7. Tegnologie
8. Lewensoriëntering
9. Landboustudies
10. English Additional Language (vir leerders wat Sepedi of Xitsonga neem)
GRAAD 10, 11 & 12 VAKKE
Leerders kan aansoek doen om meer as sewe basiese vakke te neem,
maar dit is onderhewig aan goedkeuring en sekere vereistes.
Hierdie aansoek moet in die voorafgaande jaar, met die nodige motivering, ingedien word.
Alle graad 10 tot 12 KEUSEVAKKE word in dubbelmedium aangebied. Dit beteken dat klasse afwisselend in Afrikaans en Engels aangebied word. Vrae word in die leerder se huistaal hanteer, en toetse en eksamens word in die leerder se huistaal afgelê.
Graad 10 tot 12 vakpakkette bestaan uit VIER verpligte vakke en DRIE keusevakke:
VERPLIGTE VAKKE
1. Tale (Afrikaans & Engels)
2. Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid
3. Lewensoriëntering
KEUSEVAKKE
DRIE van die volgende vakke moet gekies word:
1. Fisiese Wetenskappe (vereiste: Wiskunde)
2. Lewenswetenskappe
3. Rekenaartoepassingstegnologie (RTT/”CAT”)
4. Inligtingstegnologie (IT)
5. Landbouwetenskappe
6. Landboubestuurspraktyk
7. Landboutegnologie
8. Perdestudies
9. Rekeningkunde
10. Besigheidstudies
11. Ekonomie
12. Toerisme
13. Gasvryheidstudies
14. Ingenieursgrafika- en Ontwerp
15. Dramatiese Kunste
16. Xitsonga of Sepedi